VOORWAARDES VAN OOREENKOMS, KOSTESTRUKTUUR EN BETALINGSOOREENKOMS
1 REGISTRASIE EN LIDMAATSKAPFOOI (SAGF REGISTRASIE FOOIE – NIE KLUBFOOIE)
1.1 R250-00 per nuwe gimnas/nie-kompetisie-gerig per jaar : Trampolien of Artisties (Verpligtend)
1.2 R350-00 per oud-deelnemende/kompetisie gimnas per jaar : Trampolien of Artisties (Verpligtend)
1.3 R50-00 per kompetisie-gerigte ekstra dissipline per gimnas (Verpligtend):
1.3.1 R300 per nuwe gimnas trampolien en artisties
1.3.2 R400 per kompetisiegerigte gimnas trampolien en artisties
2 AFRIGTINGSFOOI (PER MAAND) VIR DIE KLUB
2.2 TRAMPOLIEN/FUNGYM/KIDSX (KLAWER, VREDENDAL EN LUTZVILLE)
2.2.1 R200-00 per gimnas/maand vir Trampolien en Tuimel (Klawer, Vredendal, Lutzville)
2.2.2 R150-00 per gimnas vir 2 kinders en meer per huisgesin
2.3 ARTISTIESE GIMNASTIEK (VREDENDAL)
2.3.1 R200-00 per gimnas/maand vir Artistiese Gimnastiek
2.3.2 R150-00 per gimnas/maand vir 2 kinders en meer per huisgesin
2.4 TRAMPOLIEN EN ARTISTIES GEKOMBINEERD
2.4.1 R250-00 per gimnas/maand vir Trampolien/Tuimel en Artistiese Gimnastiek tesame
2.4.2 R200-00 per gimnas/maand vir Trampolien/Tuimel/Artisties vir 2 kinders en meer per huisgesin,
2.5 LET WEL: Waar 2 kinders in ‘n huisgesin bv Artisties doen en die ander FUNGYM/Trampolien (dws 2 afsonderlike dissiplines) sal die fooie R200 per kind bly.
2.6 Ouers wat nie oor ‘n bankrekening beskik nie, en dus nie ‘n aftrekorder kan teken nie, moet asseblief alternatiewe reëlings tref met afrigter tov betaling.
3 ALLE FOOIE IS STRENG BETAALBAAR VIA AFTREKORDER VOOR DIE 7e DAG VAN ELKE MAAND
3.1 METODE VAN BETALING:
3.1.1 Registrasiegeld : Kontant op die dag van registrasie (Verpligtend)
3.1.2 Maandelikse betalings sal slegs deur Aftrekorders geskied (Slegs Januarie-gelde sal kontant ingevorder word en daarna per aftrekorder betaal word vanaf Februarie 2007)
Naam van Rekeninghouer: M Louw
First National Bank (FNB)
Takkode: 200406
Rekeningnommer : 54150012720
4 TERME EN VOORWAARDES:
4.1 Alvorens ‘n gimnas toegelaat word vir afrigting moet die ouer:
4.2 Die aansoek-/Registrasievorm voltooi en onderteken
4.3 Die aftrekorder na die betrokke bank toe neem en aktiveer en weer terugbesorg met die bankstempel daarop (Slegs Januarie-geld word kontant gegee)
4.4 Die volgende fooi moet ten volle betaal word tydens registrasie:
4.4.1 Lidmaatskap/Registrasiefooi (1.1) (Kontant by registrasie)
4.4.2 Maandelikse Afrigtingsfooi (2.1-2.3) (Kontant Januarie-geld en daarna per Aftrekorder)
5 BETALING VAN FOOIE
5.1 U sal ‘n maandelike faktuur kry van betaling om u op hoogte te hou van u betalings.
5.2 Wanneer u die aftrekorder laat aktiveer, maak asseblief seker dat u kind se naam en van / lidnommer en van soos voorsien op die inbetalingstrokie verskyn.
5.3 Diegene met kontantbetalings : Gelde MOET VOOR die 7e van elke maand ingehandig word, anders sal die gimnas NIE TOEGELAAT word vir verdere oefen-deelname nie! Rente sal dan ook gehef word op alle agterstallige maandelikse inbetalings.
5.4 Diegene wat meer as 1 maand agterstallig raak se kinders sal NIE toegelaat word vir verdere afrigting totdat rekening vereffen is nie.
6 KLERE EN HIGIëNE
6.1 Somermaande kan gimnaste kom oefen in gewone sportdrag (Kortbroekie/PT-broek en hempie vir die seuns) en/of ‘n leotard/volswembroek vir die meisies.
6.2 Gimnaste sal NIE toegelaat word in ‘n oefenlokaal met ‘n jean/gewone lang kniebroeke aan nie.
6.3 In wintertye kan die gimnaste met sweetpakke of lang “skipants” kom oefen.
6.4 Ouers wat belangstel om vir hulle kinder skipants / oefenleotards aan te koop kan met die afrigter in verbinding tree.
7 TEENWOORDIGHEID VAN OUERS
7.1 Ouers sal NIE toegelaat word in die oefenlokaal tydens die afrigtingsperiode nie TENSY vooraf gereel met afrigter.
7.2 Daar sal wel een keer per maand ‘n opedag gehou word vir die ouers om na hul kinders te kom kyk.
8 KANSELLASIE VAN LIDMAATSKAP
8.1 Slegs ‘n skriftelike kennisgewing sal aanvaar word indien die ouer die gimnas se klasse wil staak. Die kennisgewing moet 30 dae voor die staking van klasse aan die afrigster oorhandig word. Dit bly die ouer se verantwoordelikheid om die aftrekorder te kanselleer indien die gimnas se klasse gestaak moet word. Die eienaar is nie-verpligtend vir enige terugbetalings indien die ouer versuim om die aftrekorder te staak nie na kennisgewing van staking van klasse nie.
8.2 LET WEL : INDIEN DAAR NIE KENNIS GEGEE WORD VIR STAKING NIE SAL DAAR GEEN TERUGBETALINGS GEDOEN WORD NIE EN IS DIE OUER VERANTWOORDELIK VIR DIE VOLLE MAAND SE REKENING!